Ons het hierdie pragtige boodskap van 2 van ons kliënte af gekry..

May 21, 2015

 

 

Liefste Zandri en Kevin

Waar sal ek begin om vir julle dankie te sê vir wat julle vir ons gedoen het...

 

Ek het geweet dit sal n groot taak wees om 2 sussies en 2 broers af te neem en al die memories te capture, en tog het julle dit so perfek en effortless gedoen.

Ons was omtrent op ons senuwees voor ons eerste meeting, of dit nou die regte fotograwe gaan wees, en toe ons julle ontmoet, wow, perfect match!! So kalm en rustig, geweet julle was die regtes vir ons grootdag.

Op ons troudag het julle ons so rustig gemaak, so gemaklik voor die kamera, dat ons nie eers gevoel het dat ons ure voor die lens was nie( veral met die wat nie hou van foto's neem nie), het julle tog die perfekte foto's geneem en vir ons memories create to last a lifetime!! Van coaching tot selfs posing om vir ons te wys presies wat julle wou hê ons moes doen, tot die geluide wat julle gemaak het om ons te laat lag.

Alles wat julle gedoen het, al die vrae en sms'e wat julle moes antwoord, al die moeite om ons dvds by ons uit te kry in Namibieë, en die beautiful foto's wat julle vir ons geneem het. Baie baie dankie.

As ons na die foto's kyk is ons weer terug by daardie dag, dankie vir dit! Ons beleef ons grootdag oor en oor deur julle foto's!

Woorde sal nie kan beskryf hoe dankbaar ons is vir wat jy en Kevin vir ons gedoen het nie! Truely amazingly tallented!

As julle ooit Namibieë toe wil kom, jy weet waar om ons te vind!

So much love and appreciation!
Ons 4 Davidse. Xxx

 

 

 

Please reload

Featured Posts

Even more wedding planning tips!

October 31, 2018

1/10
Please reload

Archive
Please reload

Follow Us