Happy Clients <3

Ons het hierdie mooi e-pos van een van ons pragtige paartjie gekry! Dit beteken so ongelooflik baie vir ons! Dankie Franco & Wendy! :

Hi Zandri & Kevin

​Al wat ek en Franco kan sê is WOW WOW WOW WOW!!!

Ek weet nie hoe om dankie te sê vir die amazing foto's wat julle op ons spesiale dag geneem het nie!!

Dankie dat julle ons van die begin af so gemaklik laat voel het. Dit het so baie gehelp, omdat 'n mens maar anyway bietjie stres op daardie dag!

Die foto's het so mooi uitgekom en ons kan nie eers 'n favourite kies nie!!! ALMAL is mooi haha!

Weereens baie dankie vir alles en ons sal julle definitief aanbeveel vir enige bruid en bruidegom.

Ek weet julle sal weer "Wedding Photographers of the year" wen :)

Lekker naweek

xxx

Franco & Wendy Boshoff

Featured Posts
Archive
Follow Us